Aan elke graad R ouer

Ons verskaf hiermee ‘n paar idees vir ons graad 0-leerders vir spel tot hul die “grootskool” betree.

Ons voorsien ‘n voorbeeld van die lettervorming wat benodig word, wanneer ons maatjies hul name skryf, sodat hul nie leer om hul name op die verkeerde metode te skryf nie.  Let asb. op die skryfrigting van individuele lettertjies en gebruik dié wat in u kindjie se naam voorkom.

Hulp aan ons graad 0-leerders:

 

Algemeen:

  • Laat u kind gereeld oefen om sy/haar huisadres, telefoonnommer (selfoon en of huis), volle name en verjaarsdae te sê, as hul dit gereeld herhaal ken en onthou hulle dit sommer gou!
  • ‘n Goeie beleid is dat indien kinders iets kan doen, hul dit moet doen, bv. as hul self kan aantrek, moet hulle, help hulle om al die vasmaakmiddels te bemeester.  Dit gee hul selfvertroue en verhoog hul eiewaarde, wat die belangrikste eienskap vir skoolgereedheid is.
  • Laat kinders oefen om skoenveters vas te maak, dit verg heelwat oefening, maar is binne bereik!
  • Dit is belangrik dat u kind ‘n goeie nagrus kry.  ‘n Behoorlike tye om te gaan slaap, is nie later as 19:30 nie.
  • Gesonde ontbyte en kospakkies is van groot belang om energievlakke hoog te hou en optimale leer te laat plaasvind.  Vrugte en toebroodjies bly die gesonde keuse, asook rou groente, biltong, neute en gedroogde vrugte.

Emosioneel:

U kind se emosionele intelligensie is waarskynlik net so belangrik soos sy of haar Intellektuele intelligensie.  Indien kinders nie emosioneel veilig voel nie, verskraal hul kanse om intellektueel na wense te vorder.

  1. Moedig onafhanklikheid aan. Laat kinders dinge vir hulself doen, al is u haastig!  Indien u take uit kinders se hande neem, begin hul glo dat hul dit nie kan doen nie.  Om take self af te handel, skep ‘n gevoel van prestasie en onafhanklikheid.
  2. Groet u kind en vertrek so gou as moontlik, wanneer u u kind in die oggend aflaai. Kontak met verskillende persoonlikhede versterk en ontwikkel die persoonlikheid van u kind.
  3. Stel belang in wat u kind sê en ag sy of haar mening van waarde.
  4. Leer u kind om sy of haar emosies uit te druk. Help u kind om emosies te benoem, bv. ek kan sien hy is nou baie kwaad, ens.  Jong kinders ondervind dit moeilik om emosies soos woede, vrees, frustrasie, blydskap en hartseer uit te druk en toon hul gevoelens deur hul gedrag.
  5. Waak daarteen dat u kind se emosies u manipuleer.
  6. Help u kind om verantwoordelikheid vir sy of haar aksies te aanvaar. Spreek gedrag aan en nie die kind as persoon nie.
  7. U kind se kunswerk is die uitdrukking van sy of haar gevoelens, wat moeilik in woorde uitgedruk word. Indien u kind se werk weggegooi word of nie uitgestal en bewonder word nie, sal hy of sy ook nie enige belang hê of trots wees op die werk wat hy of sy eendag sal lewer nie.
  8. Buitemuurse aktiwiteite moet tot die minimum beperk word, oorstimulasie versmoor die kind in plaas van ontwikkel.

Perseptuele ontwikkeling:

Luistervaardighede:

  • Luister na buite- of binnenshuise geluide en identifiseer die klank.
  • Sê drie woorde en vra die kind om die woorde in dieselfde volgorde te herhaal. Later vier, vyf en ses woorde.
  • Sê ‘n woord en vra waarmee begin die woord, later waarmee eindig die woord.
  • Gesels in die motor met u kind.
  • Lees elke aand stories voor. Laat kinders die stories terug vertel.
  • Gee meer as een opdrag wat kinders moet uitvoer.
  • Klap lettergrepe van woorde en ander patroontjies.

Visueel:

  • Bou legkaarte. Begin by die hoeke, daarna die reguit kante en      vul verder in.
  • Speel speletjies waar weggesteekte voorwerpe in ‘n prent gesoek moet word, of in die huis.
  • Sorteer knope, messe en vurke, sokkies, lepels, ens.
  • Bou met blokkies.
  • Gooi en vang ‘n bal, boontjiesakkie, ens. Speel ook met ‘n veilige  kolf of raket.
  • Herken en benoem primêre en sekondêre kleure.
  • Herken vorms, veral 3-D en in die leefwêreld, bv. watter vorm het hierdie deur, venster, ens.

Maak seker dat u kind ‘n sterk liggaamsbeeld het.  Vra dikwels dat u kind die liggaamsdele sal uitwys en benoem.  Hy of sy moet dikwels in ‘n spieël kan kyk en na liggaamsdele verwys.

Beperk TV-kyk tot die minimum, asook die speel van rekenaarspeletjies, aangesien dit lei tot ‘n swak spiertonus, waaraan al hoe meer kinders ly.  Kinders moet soveel as moontlik beweeg en hul omgewing op verskillende maniere ontdek en beleef.

  • Laat u kind toe om op ‘n trampolien of ‘n ou matras te spring.
  • Laat hul op groot balle sit, indien hul TV kyk.
  • Spring op een been, daarna op die ander een.
  • Swem is ‘n waardevolle oefening, asook opstote.
  • Kruiwastoot kan ook groot pret verskaf, steun net die bene by die knieë, om rugprobleme te voorkom.
  • Laat u kind springtou spring.

Taal:

Hoe beter die kind se taalvaardigheid, hoe beter sal sy of haar leesvermoë wees.

  • Dring aan daarop dat u kind in vol sinne sal praat en vragies beantwoord.
  • Lees versies/rympies voor, help u kind om dit te memoriseer.
  • Lees stories en laat hom/haar dit terug vertel.  Hoe meer stories, hoe beter vir taalontwikkeling en latere lees.
  • Om liedjies saam met ‘n CD te sing, waarop goeie, verstaanbare taal gebruik word, verbreed nie net die woordeskat nie, maar help met breinontwikkeling.

Tel:

Tel hardop.

Tel voorwerpe, bv. motors, wasgoedpennetjies, knope, ens.

Eerste, tweede, derde, ens.

Optel en aftrek met stories en konkrete voorwerpe:

  • Ek het ses lekkertjies, eet twee op, hoeveel bly oor?
  • Ek het drie motors en kry nog twee present, hoeveel het ek saam?

Rangskik voorwerpe van klein na groot en anders om.

Dek tafel – een- tot een afparing.

Herkenning van geld.

Speel bord- en dobbelsteentjiespeletjies met u kind. (bv. Slangetjies en leertjies)

Meting:

Vul verskillende houers met water.

Half, vol, leeg

Hoeveel houers maak hierdie een vol.

Tyd:

Gister, vandag en môre

Dae van die week.

Oggend, middag en aand

Vorm en kleur:

Herkenning van 3 D vorms

Herkenning en benoeming van kleure

Kinders leer uit hoe hulle leef:

Indien ‘n kind met kritiek leef, leer hy om te verdoem.

Indien ‘n kind met vyandigheid leef, leer hy om te baklei.

Indien ‘n kind met spot leef, leer hy om skelm te wees.

Indien ‘n kind met jaloesie leef, leer hy om skuldig te voel.

Indien ‘n kind met verdraagsaamheid leef, leer hy om geduldig te wees.

Indien ‘n kind met aanmoediging leef, leer hy om selfvertroue te hê.

Indien ‘n kind geprys word, leer hy om te waardeer.

Indien ‘n kind met eerlikheid leef, leer hy om regverdig te wees.

Indien ‘n kind met veiligheid leef, leer hy hoe om geloof te hê.

Indien ‘n kind met goedkeuring leef, leer hy om van homself te hou.

Indien ‘n kind met aanvaarding en vriendskap leef, leer hy hoe om liefde in die wêreld te vind.

Lees soveel as moontlik vir u kind, vertel stories, vra vragies, luister na u kind en  GENIET  U  KIND!

Wilna van Rooyen

a A      b B   c C

d D     e E   f F

g G     h H    i I

j J     k K     l L

m M    n N    o O    p P     q Q    r R

s S     t T    u U

v V    w W    x X

y Y    z Z    g G