biobo-aon

About biobo-aon

This author has not yet filled in any details.
So far biobo-aon has created 46 blog entries.

Woordsoorte: Konteks is koning

2021-04-14T11:04:51+00:00

Woordsoorte: Konteks is koning In ʼn inleidende blog oor woordsoorte het ek genoem hoe belangrik dit is om nie woordsoorte te probeer bepaal sonder om die woorde binne sinskonteks te sien nie. In die week loop ʼn jong gebruiker haar in hierdie einste ding vas toe sy in ʼn werkstuk ʼn vraag moet beantwoord: Watter soort voornaamwoord is die woord albei? Sy doen die regte ding: Sy gaan kyk in die woordeboek, want die woordsoort is mos deel van die inskrywing van elke woord. Maar in hierdie geval help die HAT en WAT nie, want albei bronne dui albei as telwoord Lees meer

Woordsoorte: Konteks is koning2021-04-14T11:04:51+00:00

Woordsoorte: Hoekom?

2021-04-14T10:57:02+00:00

Woordsoorte: Hoekom? Dit is altyd in ʼn leerproses nodig om te weet hoekom ʼn mens ʼn ding moet weet. Nie net gee dit ʼn mens die moed en die lus om deur te druk nie, dit maak die leerproses vir ʼn mens sinvol. En nuttig. Ek kry die indruk dat die hoekom veral in grammatika-onderrig ʼn bietjie in die slag gebly het, en dat die hantering van die sogenaamde “taalstrukture en -konvensies”, soos die KABV dit noem, nie altyd netjies verantwoord word nie. Dit is veral in grammatika-onderrig kernbelangrik dat ʼn leerder (en ʼn onderwyser, natuurlik) moet weet hoekom ʼn Lees meer

Woordsoorte: Hoekom?2021-04-14T10:57:02+00:00

Oor word en raak en sal en gaan

2021-04-14T10:48:54+00:00

Oor word en raak en sal en gaan Ek kry heelwat navrae oor die uitruilbaarheid al dan nie van sal x gaan en word x raak. Is dit sinonieme, of is die een verkieslik bo die ander? Sulke vrae beantwoord ʼn mens uit ʼn verklarende woordeboek, omdat die woordeboekmakers baie tyd en aandag bestee het aan die optekening van hierdie woorde in werklike taalgebruiksituasies. Die twee wat ek graag raadpleeg, is die HAT en die WAT. In hierdie geval verlaat ek my grootliks op die HAT, want die WAT is ʼn grootse projek wat nog aan die gebeur is Lees meer

Oor word en raak en sal en gaan2021-04-14T10:48:54+00:00

Oor is en was

2021-04-14T10:47:00+00:00

Oor is en was Een van die groot kwessies in skryftaal is die gebruik van was en is om die verlede tyd aan te dui. Dit is vir leerders ʼn nagmerrie, vir onderwysers ʼn kopseer, en vir taalgebruikers onthutsend om te verneem dat hulle blykbaar nie hulle moedertaal behoorlik beheers nie, want elke kort-kort is daar een of ander taalnazi wat hulle kritiseer oor die verledetydsaanduiding in hulle skryfwerk. Hierdie blog is ʼn poging om so ʼn bietjie lig in die duister te bring. Eintlik is die reël vir die verlede tyd in Afrikaans baie eenvoudig. Voeg die hulpwerkwoord van Lees meer

Oor is en was2021-04-14T10:47:00+00:00

Die pynlike passief

2021-04-14T10:44:36+00:00

Die pynlike passief As daar nou ʼn manier is om ʼn skoolkind maagpyn te gee, ʼn onderwyser lus te maak vir drank en ʼn subredakteur na ʼn rooi pen te laat gryp, is dit as ʼn mens die aktief-passief-kwessie ophaal. (Ja, “aktief en passief” is korrek vir “bedrywende en lydende vorm”. In Nederlands is dit die “actief en passief” en in Duits die “Activ und Passiv”. Ander Germaanse tale gebruik dus deurlopend ook die Romaanse name vir die taalbousels.) Dié kouekoors is eintlik gans onnodig, want so ingewikkeld is dit ook nie. Daar is eintlik net Lees meer

Die pynlike passief2021-04-14T10:44:36+00:00

Is dit ge- of is dit ge- ge-?

2021-04-14T10:42:19+00:00

Is dit ge- of is dit ge- ge-? Die lang pad vir verlede deelwoorde by skakelwerkwoordkonstruksies Ek kry vroegoggend ‘n navraag van ‘n VivA-gebruiker wat in ‘n taalargument met kollegas vasgeval het: Skryf ‘n mens Die ondersteuners het op die spelers geskree en gevloek of is dit Die ondersteuners het op die spelers geskree en vloek? Die rede vir die verwarring en die vraag is dat daar blykbaar ‘n reël in skoolgange ronddool wat lui dat “twee aksies wat op dieselfde tydstip plaasvind nie in die verlede tyd albei ge- kry nie”. Ek het simpatie met die vraagsteller en die verwardes, want Lees meer

Is dit ge- of is dit ge- ge-?2021-04-14T10:42:19+00:00

Die begin of die einde – waarheen met die werkwoord?

2021-04-14T10:34:18+00:00

Die begin of die einde – waarheen met die werkwoord? Het jy al hierdie reël vir ʼn kind geleer: As jy meer as een werkwoord in die sin het, skuif die werkwoord na die sinseinde? Indien wel, moet jy nou eers jou rooi pen neersit en hierdie blog lees. Die reël soos dit hier bo staan, is een van daardie skoolreëls waarmee kinders “vinnig en maklik” deur ʼn eksamen gedrukgang word. Dit werk natuurlik vir die eksamen, maar dit werk ongelukkig nie vir die lewe nie, want ek kry kort-kort ʼn gefrustreerde navraag van ʼn leerder wat gerooipen Lees meer

Die begin of die einde – waarheen met die werkwoord?2021-04-14T10:34:18+00:00

Tweedetaaltoffies

2021-04-14T10:15:41+00:00

Tweedetaaltoffies Dis vir enigeen moeilik om kop te hou met ʼn tweede (of derde of vierde of …) taal. Leerders wat Afrikaans Eerste of Tweede Addisionele Taal aanleer, val dikwels vas met woorde wat baie na aan mekaar lê en moeilik vertaal. Moedertaalsprekers weet instinktief wanneer om die een te gebruik en wanneer die ander reg is, maar die oomblik as ʼn mens die onderskeid tussen die twee moet verduidelik, besef jy waarom hulle sukkel – die betekenis is soms so verstrengel en die onderskeid so fyn dat dit werklik kophou kos om die verskillende gebruikstoepassings Lees meer

Tweedetaaltoffies2021-04-14T10:15:41+00:00

Taalsuiwerheid – hoofbrekens oor “brekende nuus”

2021-04-14T10:04:50+00:00

Taalsuiwerheid – hoofbrekens oor "brekende nuus" Deel van my werk is om daagliks op VivA se Facebookblad ʼn meem oor een of ander taalinteressantheid te plaas. Ons doen dit vir bewusmaking en bemarking, van VivA, van ons dienste en van Afrikaans. Dit werk lekker – onderwysers het my al laat weet hulle druk die meme en plaas dit op hulle klaskamers se mure, en “gewone” taalgebruikers kom vra of kla of stry daar oor die saak. Dis lekker om te sien hoe betrokke almal is en hoe vurig hulle nog oor Afrikaans kan raak. Maar soms Lees meer

Taalsuiwerheid – hoofbrekens oor “brekende nuus”2021-04-14T10:04:50+00:00

Die haker, die hakker en die Gordiaanse knoop

2021-04-14T10:02:54+00:00

Die haker, die hakker en die Gordiaanse knoop Een van die groot spelverwarrings in Afrikaans tree in by die woorde hak en haak. Dit gaan hier oor meer as net die verkeerde gebruik van twee verskillende woorde, dit gaan ook hier oor verwarring van homonieme, want hak en haak kan albei ʼn selfstandige naamwoord of ʼn werkwoord wees. En as jy nou nog by hierdie reeds onheilige brousel die verkleiningsvorm ook ingooi (het ek nou hierdie deel van die teks tussen hakkies of tussen hakies geplaas?) en die afleiding waarmee ʼn mens na die ou in die skrum met die blomkoolore wil verwys (is hy ʼn hakker of ʼn haker?) Lees meer

Die haker, die hakker en die Gordiaanse knoop2021-04-14T10:02:54+00:00

Fisiese adres:

Die Groenhuis

Phone: +27 82 701 1570

Web: Aonetwerk

Go to Top