GEBEURE

GEBEURE2021-05-31T16:27:24+00:00

Woordsoorte: Konteks is koning

Woordsoorte: Konteks is koning In ʼn inleidende blog oor woordsoorte het ek genoem hoe belangrik dit is om nie woordsoorte te probeer bepaal sonder om die woorde binne sinskonteks te sien nie. In die week loop ʼn jong gebruiker haar in hierdie einste ding vas toe sy in ʼn werkstuk ʼn vraag moet beantwoord: Watter soort voornaamwoord is die woord albei? Sy doen die regte ding: Sy gaan Lees meer

Woordsoorte: Hoekom?

Woordsoorte: Hoekom? Dit is altyd in ʼn leerproses nodig om te weet hoekom ʼn mens ʼn ding moet weet. Nie net gee dit ʼn mens die moed en die lus om deur te druk nie, dit maak die leerproses vir ʼn mens sinvol. En nuttig. Ek kry die indruk dat die hoekom veral in grammatika-onderrig ʼn bietjie in die slag gebly het, en dat die hantering van Lees meer

Oor word en raak en sal en gaan

Oor word en raak en sal en gaan Ek kry heelwat navrae oor die uitruilbaarheid al dan nie van sal x gaan en word x raak. Is dit sinonieme, of is die een verkieslik bo die ander? Sulke vrae beantwoord ʼn mens uit ʼn verklarende woordeboek, omdat die woordeboekmakers baie tyd en aandag bestee het aan die optekening van hierdie woorde in werklike taalgebruiksituasies. Die twee wat ek Lees meer

Oor is en was

Oor is en was Een van die groot kwessies in skryftaal is die gebruik van was en is om die verlede tyd aan te dui. Dit is vir leerders ʼn nagmerrie, vir onderwysers ʼn kopseer, en vir taalgebruikers onthutsend om te verneem dat hulle blykbaar nie hulle moedertaal behoorlik beheers nie, want elke kort-kort is daar een of ander taalnazi wat hulle kritiseer oor die verledetydsaanduiding in hulle skryfwerk. Lees meer

Die pynlike passief

Die pynlike passief As daar nou ʼn manier is om ʼn skoolkind maagpyn te gee, ʼn onderwyser lus te maak vir drank en ʼn subredakteur na ʼn rooi pen te laat gryp, is dit as ʼn mens die aktief-passief-kwessie ophaal. (Ja, “aktief en passief” is korrek vir “bedrywende en lydende vorm”. In Nederlands is dit die “actief en passief” en in Duits die “Activ und Lees meer

Is dit ge- of is dit ge- ge-?

Is dit ge- of is dit ge- ge-? Die lang pad vir verlede deelwoorde by skakelwerkwoordkonstruksies Ek kry vroegoggend ‘n navraag van ‘n VivA-gebruiker wat in ‘n taalargument met kollegas vasgeval het: Skryf ‘n mens Die ondersteuners het op die spelers geskree en gevloek of is dit Die ondersteuners het op die spelers geskree en vloek? Die rede vir die verwarring en die vraag is dat daar blykbaar ‘n Lees meer

Die begin of die einde – waarheen met die werkwoord?

Die begin of die einde – waarheen met die werkwoord? Het jy al hierdie reël vir ʼn kind geleer: As jy meer as een werkwoord in die sin het, skuif die werkwoord na die sinseinde? Indien wel, moet jy nou eers jou rooi pen neersit en hierdie blog lees. Die reël soos dit hier bo staan, is een van daardie skoolreëls waarmee kinders “vinnig en maklik” deur Lees meer

Tweedetaaltoffies

Tweedetaaltoffies Dis vir enigeen moeilik om kop te hou met ʼn tweede (of derde of vierde of …) taal. Leerders wat Afrikaans Eerste of Tweede Addisionele Taal aanleer, val dikwels vas met woorde wat baie na aan mekaar lê en moeilik vertaal. Moedertaalsprekers weet instinktief wanneer om die een te gebruik en wanneer die ander reg is, maar die oomblik as ʼn mens die onderskeid Lees meer

Taalsuiwerheid – hoofbrekens oor “brekende nuus”

Taalsuiwerheid – hoofbrekens oor "brekende nuus" Deel van my werk is om daagliks op VivA se Facebookblad ʼn meem oor een of ander taalinteressantheid te plaas. Ons doen dit vir bewusmaking en bemarking, van VivA, van ons dienste en van Afrikaans. Dit werk lekker – onderwysers het my al laat weet hulle druk die meme en plaas dit op hulle klaskamers se mure, en “gewone” Lees meer

Die haker, die hakker en die Gordiaanse knoop

Die haker, die hakker en die Gordiaanse knoop Een van die groot spelverwarrings in Afrikaans tree in by die woorde hak en haak. Dit gaan hier oor meer as net die verkeerde gebruik van twee verskillende woorde, dit gaan ook hier oor verwarring van homonieme, want hak en haak kan albei ʼn selfstandige naamwoord of ʼn werkwoord wees. En as jy nou nog by hierdie reeds onheilige brousel die verkleiningsvorm ook ingooi Lees meer

Meerder, beterder en mees beste – trappe van vergelyking in Afrikaans

Meerder, beterder en mees beste – trappe van vergelyking in Afrikaans Desperate navraag laat die aand: Tannie, ons skryf môre Afrikaans en ek sukkel met trappe van vergelyking. Hoe weet ek wanneer is dit “meerder” en wanneer is dit “meeste”? Ek rol nie meer my oë nie, nie vir die navraag, die omvang van die onkunde of die tyd nie. Ek herken paniek, selfs op Lees meer

Is dit ge- of is dit ge- ge-? Die lang pad vir verlede deelwoorde by skakelwerkwoordkonstruksies

Is dit ge- of is dit ge- ge-? Die lang pad vir verlede deelwoorde by skakelwerkwoordkonstruksies Ek kry vroegoggend ‘n navraag van ‘n VivA-gebruiker wat in ‘n taalargument met kollegas vasgeval het: Skryf ‘n mens Die ondersteuners het op die spelers geskree en gevloek of is dit Die ondersteuners het op die spelers geskree en vloek? Die rede vir die verwarring en die vraag is dat daar blykbaar ‘n Lees meer

Hoofbrekens oor hoofletters

Hoofbrekens oor hoofletters Ek kry verbasend baie navrae oor hooflettergebruik. Op die keper beskou, is dit seker nie so vreemd nie, want die reëls vir hoofletters in van die ouer uitgawes van die AWS het vermeerder soos ʼn konynkolonie in ʼn onbewaakte agterplaas, juis omdat die taalgemeenskap hoofletters in soveel verskillende kontekste vir soveel verskillende goed aanwend. Dink byvoorbeeld aan die manier waarop hoofletters in Lees meer

Los en vas: Afrikaanse spellers se grootste kopseer

Los en vas: Afrikaanse spellers se grootste kopseer Ek weet, dit is ʼn nagmerrie. Ongelukkig het ek nie kitsoplossings nie, en ongelukkig is die spelreëls oor los en vas skryf (hoofstuk 15 in die Afrikaanse woordelys en spelreëls) ook nie altyd eenvoudig nie. As daar ʼn maklike manier was om die saak te beredder, het iemand dit al so beskryf. Maar daar is tog ʼn paar Lees meer

Die tentoonstelling, die skape en die predikantsvrou

Die tentoonstelling, die skape en die predikantsvrou – samestellende afleidings Gebruiker Mari Brink stuur in die week ʼn noodroep: Bespreek asseblief die begrip “samestellende afleiding”. Dit gee ʼn groot gestry af! Laat ons nou eenmaal hierdie tameletjie (wat nooit een was nie) kou en klaar kou. Mari is reg oor ʼn klomp goed – dit is ʼn tameletjie, dit is ʼn voortslepende bron van taalkundige Lees meer

ʼn Pyn in die oog

ʼn Pyn in die oog Gereelde VivA-gebruiker Elridus Grobler vra: Hoe werk beklemtoning in tekste? Mag ʼn mens twee uitroeptekens gebruik? En wat van ʼn vraagteken en ʼn uitroepteken? Of is dit ʼn geval van “te veel van ʼn goeie ding is eintlik te veel”? Dis ʼn baie geldige vraag, veral vir fiksieskrywers. Die meeste skrywers skryf ouditief (dit beteken hulle skryf soos wat hulle Lees meer

Begryp lettergrepe

Begryp lettergrepe Een van die groot kopkrappers vir onderwysers, leerders en dié se gefrustreerde ouers, is lettergreepverdeling. Dit het ʼn doolhof, ʼn martelinstrument en ʼn uitvangparade geword waarmee jong sprekers geterroriseer word, sonder dat enigeen werklik weet waarom hulle moet weet hoe om woorde in lettergrepe te verdeel. Kom ons begin net eers by die begin: Wat is ʼn lettergreep, en hoe verskil dit van Lees meer

40 maniere waarop skrywers skop skep

40 maniere waarop skrywers skop skep – retoriese middele Ek kry dikwels navrae oor retoriese middele (op die trant van: “Tannie, wat noem ʼn mens dit as skrywers verkeerde goed met mekaar vergelyk?” en wat ek dan moet vertaal na “‘n uitspraak wat aanvanklik lyk of dit ‘n teenstrydigheid bevat, maar by nader beskouing tog versoenbaar is”), wat my gewoonlik in ʼn koue sweet laat Lees meer

Afskeidsode aan die aanvoegende wyse

Afskeidsode aan die aanvoegende wyse Ek het sedert die begin van die jaar ‘n hele paar navrae oor die sogenaamde “aanvoegende wyse” gehad. Ek vermoed die ding het iewers in ‘n vraestel sy verskyning gemaak, want ek kom agter daar is so ‘n ligte aggressie in die formulering van die vrae wat na my kant toe geslinger word. Nie dat ek die vraagstellers vir hulle Lees meer

Die pynlike passief

Die pynlike passief As daar nou ʼn manier is om ʼn skoolkind maagpyn te gee, ʼn onderwyser lus te maak vir drank en ʼn subredakteur na ʼn rooi pen te laat gryp, is dit as ʼn mens die aktief-passief-kwessie ophaal. (Ja, “aktief en passief” is korrek vir “bedrywende en lydende vorm”. In Nederlands is dit die “actief en passief” en in Duits die “Activ und Lees meer

SINTAKSIS: DIE NARSISTIESE ONDERWERP

SINTAKSIS: DIE NARSISTIESE ONDERWERP (OFTEWEL SELFSUGTIGE SUBJEK) Narsiste is mense wat dink hulle is belangriker as ander. Hulle gedy wanneer die aandag op hulle gefokus word. In Engels sê ons hierdie mense het “delusions of grandeur”, wat beteken hulle wil die hele tyd in die kollig wees. Hulle is die rede vir die partytjie, en almal se aandag moet op hulle gefokus wees. Die onderwerp Lees meer

Sintaktiese vorm vs sintaktiese funksie

Sintaktiese vorm vs sintaktiese funksie Vrydagoggende het ek ʼn bottel drinkwater klas toe moes neem vir die gehoesery. As jy mooi sou oplet, het jy my waarskynlik fronsend onder ʼn dik bordkryt-wolkbank sien staan terwyl ek as enigste sintaksis-honneursstudent stukbeelde (ook bekend as boomdiagramme) vir my prof op sy swartbord moes trek. ʼn Regterbrein-loskop het met groot moeite die linkerbrein-stukbeeldewa deur die sintaksisdrif Lees meer

Die aangrypende adjektief

Die aangrypende adjektief Die adjektief is vir ʼn skrywer een van die nuttigste woorde in sy of haar arsenaal. Dit gee kleur, dit gee diepte, en in die hande van ʼn taalvaardige skrywer, is die noukeurige aanwending van adjektiewe in ʼn teks die manier om van ʼn goeie storie ʼn blitsverkoper te maak. Maar om die krag van hierdie oënskynlike maklike woord behoorlik in te Lees meer

Die bykomende bywoord

Die bykomende bywoord In ʼn vorige blog, Die aangrypende adjektief, het ek oor adjektiewe (ook: byvoeglike naamwoorde) geskryf. Hierdie blog handel oor die adjektief se flambojante neef, die bywoord, wat dikwels as nagedagte by die partytjie opdaag, maar dan die hele geaardheid van die byeenkoms kan verander. Voor ek wegspring, let net daarop dat die bywoord volledig beskryf word in die Afrikaanse Skoolgrammatika (ASG) wat Lees meer

Woordsoorte: Wetenswaardighede oor die werkwoord I

Woordsoorte: Wetenswaardighede oor die werkwoord I In die Afrikaanse skoolgrammatika (ASG), gratis toeganklik via ons webblad, het ons redelik baie aandag daaraan bestee om die werkwoord behoorlik te beskryf. Die rede daarvoor is tweeledig: Dit is ʼn baie groot klas; en dit is nodig om werkwoorde baie goed te begryp voor ʼn mens sinsontleding aanpak, want veral die identifikasie van sinsfunksies (wat deur die KABV vereis word), rus Lees meer

Die gesegde: ʼn kattekoor

Die gesegde: ʼn kattekoor Almelewe het ek (A-kandidaat in matriek, Afrikaansonderwyser, en nou met ʼn PhD in Afrikaanse Taalkunde agter my naam) die kat aan die stert beetgehad. Ek wil die taalonderwyser wat hierdie sintaktiese gekattemaai geskep het, katswink slaan. Die onderwysstelsel van die afgelope paar dekades het die kat aan die bo-lip beetgehad en ons as sprekers en onderwysers is deur ʼn spul onkundiges Lees meer

ADJUNKKONSTABEL ABEL

ADJUNKKONSTABEL ABEL (die adjunk) Moordverhaal in drie bedrywe BEDRYF 1 Toe adjunkkonstabel Abel by die moordtoneel opdaag, lê die slagoffer steeds kop onderstebo, uitgestrek in ʼn plas bloed. Hy hurk en druk sy voorvinger in die rooi wat deur sy Nikes sypel. Dit is klewerig en warm ... Forensies sal moet gou maak – die hittegolf bespoedig die ontbindingsproses. Hy vra rond en skryf opsommend in sy notaboek: Tyd: Lees meer

RESEP VIR SPRAAK LEES EN SKRYF

Die resep vir spraak 1: (en latere skryf en lees) Normale gehoor: Mens moet goed kan hoor, om goed te praat! Babas en peuters hoor hulself en ander en verfyn die motoriese plan vir spraak wat hulle uit hul langtermyn-geheue oproep om mee te werk. Interaksie met ouers en ander belangrike mense. Jou kind se binding en verhouding met jou is baie belangrik vir sy spraakontwikkeling. Die feit dat Lees meer

DIE ROL MUSIEK IN BREINONTWIKKELING

Die rol van musiek in breinontwikkeling Musiek het ‘n kragtige effek op ons emosies. ‘n Stil, rustige wiegeliedjie kan ‘n omgekrapte baba kalmeer, ‘n majestueuse koor kan ons oprui en tot groot hoogtes voer. Musiek het egter ook ‘n invloed op hoe ons dink. In die onlangse jare is daar baie navorsing gedoen en geleer oor hoe die brein ontwikkel. Babas word met miljarde breinselle gebore, wat neurone genoem Lees meer

TEMPORALE BEWUSTHEID

Temporale bewustheid verwys na ‘n kind se interne bewustheid van die verhouding tussen beweging en tyd. Geskryf namens die AON deur Lizette van Huyssteen van die Practica Program Hierdie vaardigheid help kinders om met herhalende patrone te werk sodat hulle kan leer om ritmies te beweeg, musiek te maak en vloeiend te lees. Temporale bewustheid is noodsaaklik om beweging en tyd te koördineer en daarom speel dit ook ‘n Lees meer

VINGERRYMPIES

“. Vingerrympies” is gediggies of liedjies wat tradisioneel met handbewegings gekombineer is om babas en jong kinders se belangstelling behou. Hierdie is ‘n ou gunsteling onder kinders wat uitstekend is om selfvertroue te ontwikkel. Dit bevorder ook breinintegrasie omdat kinders oefen om tegelykertyd te praat en beweeg. Geskryf namens die AON deur Lizette van Huyssteen van die Practica Program + Spraak- en taalvaardighede Vingerrympies beklemtoon die ritme, intonasie en klempatrone Lees meer

KARDINALITEIT

Een van die vele interessante mylpale op die wiskundepad is dat kinders moet leer om te verstaan wat presies gebeur wanneer ‘n mens voorwerpe aftel. Wanneer kinders tel, verstaan hulle aanvanklik nie hoe die woorde wat hulle sê met hoeveelheid verband hou nie. Geskryf namens die AON deur Lizette van Huyssteen van die Practica Program  Kinders ontdek belangrike begrippe terwyl hulle oefen om voorwerpe af te tel. Hulle ontdek Lees meer

KREATIWITEIT

Kreatiwiteit is een van die een-en-twintigste-eeuse vaardighede omdat dit mense help om aanpasbaar te wees. Dis een van die heel moeilikste en belangrikste vaardighede om kleintyd te ontwikkel. Nota: Om kreatief te wees beteken nie noodwendig om kunstig te wees nie. Geskryf namens die AON deur Lizette van Huyssteen van die Practica Program   Kreatiewe mense is gemaklik met nuwe idees en hulle kan op nuwe maniere dink om Lees meer

BOELIES

BOELIE NEEM BAIE VORMS AAN: (Ouer kinders) Dit is ook dikwels subtiel in nie-verbale gedrag: Hul rol hul oë of skud hul kop vir ander se opmerkings en snork, lag of glimlag meerderwaardig. Hul skaad ander se reputasie deur skinderstories te versprei en ander se foute en persoonlike probleme aan die groot klok te hang. Ander se opmerkings word gespot en belaglik voorgestel, of as nonsens afgemaak. Hulle lok Lees meer

Die resep vir spraak 1

Die resep vir spraak 1: (en latere skryf en lees) Normale gehoor: Mens moet goed kan hoor, om goed te praat! Babas en peuters hoor hulself en ander en verfyn die motoriese plan vir spraak wat hulle uit hul langtermyngeheue oproep om mee te werk. Interaksie met ouers en ander belangrike mense. Jou kind se binding en verhouding met jou is baie belangrik vir sy spraakontwikkeling. Die feit dat Lees meer

VASBYT EN DEURDRUK

VASBYT EN DEURDRUK: Emosionele ontwikkeling verg baie tyd en hope geduld, maar daarsonder word maats maak en vordering op skool gekortwiek, al is jou kind baie intelligent.  ’n Kind moet eers impulsbeheer en selfbeheersing bemeester voordat hy sy konsentrasievaardighede kan verbeter.  Konsentrasie beteken om ’n taak te begin en daarmee aan te hou totdat dit klaar is.  Sonder selfdissipline is dit moeilik omdat ’n kind wat nie lus is Lees meer

Die belangrikheid van taalontwikkeling

Ode aan ‘n ma “Al sou ek die mooiste huis hê en die smaaklikste etes voorberei, maar ek doen dit nie met liefde nie, dan is ek so waardeloos soos ‘n leë kastrol of ‘n stukkende eierklitser: Al is ek die besigste ma op die skoolraad en koop vir my kinders die duurste sporttoerusting, maar ek het nie tyd om hulle langs die sportveld aan te moedig nie, sal Lees meer

Kinders en Korona: Riglyne vir Ouers

Kinders en Korona: Riglyne vir ouers Prof. Gertie Pretorius: “Bly kalm. Ken die feite aangaande die koronavirus en verduidelik al die voorsorgmaatreëls aan jou kinders, maar dan op hul ontwikkelingsvlak.” Hennie Vorster: “Kweek in hierdie krisistye geloof en hoop by jou kinders. Voer gesprekke met hulle oor hoe die Here ons nog altyd deur krisisse gedra het e hoe Hy ons beskerm. Daar is baie positiewe stories in hierdie Lees meer

Die belangrikheid van taalontwikkeling

Die belangrikheid van taalontwikkeling Taalontwikkeling is glad nie ’n natuurlike proses nie—dis iets wat aktief geleer moet word.  Dis egter belangrik om ’n omgewing te skep waar taal op ’n natuurlike manier, sonder druk, aangeleer word.  Moenie baie vrae vra soos “wat is dit?’ nie, vertel jou kind eerder wat iets is, gee ’n voorbeeld en laat hulle dit spontaan herhaal. Lees soveel moontlik stories.  As ’n kind na Lees meer

Ons agt sintuie

ONS  AGT  SINTUIE: Ons het agt sintuie wat vir ons inligting gee oor wat binne ons liggaam en in die wêreld rondom ons aangaan. Ons voel, hoor, sien, ruik en proe elke dag. Bykomend gee die vestibulêre sisteem, wat in die binneoor geleë is en die proprioseptiewe sisteem, wat in ons spiere en gewrigte geleë is, vir ons belangrike terugvoering van ons bewegingsisteme. Die interoseptiewe sisteem is in ons Lees meer

Kinders al hoe minder in hul eie spel

Kinders al hoe minder in hul eie spel: Voorskoolse kinders neem al hoe minder aan ongestruktureerde spel deel, wat ernstige implikasies vir hul ontwikkeling inhou.  Groepsdruk, die gejaagdheid van die samelewing, ‘n onveilige omgewing en ouers se vrees dat hul kinders nie betyds skoolgereed sal wees nie, laat hulle eerder op gestruktureerde spel fokus. Ongestruktureerde spel dui hoofsaaklik op spel waar volwassenes nie die reëls maak nie en kinders Lees meer

Hulp aan Graad R

Aan elke graad R ouer Ons verskaf hiermee ‘n paar idees vir ons graad 0-leerders vir spel tot hul die “grootskool” betree. Ons voorsien ‘n voorbeeld van die lettervorming wat benodig word, wanneer ons maatjies hul name skryf, sodat hul nie leer om hul name op die verkeerde metode te skryf nie.  Let asb. op die skryfrigting van individuele lettertjies en gebruik dié wat in u kindjie se naam Lees meer

Goeie Selfbeeld

Wenke om ‘n goeie selfbeeld te kweek Maak seker dat die kinders in jou klas hul met selfvertroue uitleef. Dit is ook belangrik vir elke onderwyser om deurlopend aan sy of haar eie selfbeeld te werk.  Werk nou saam met die ouers van die kinders in jou klas, om die beste vir elke kind te bewerkstellig. Kweek 'n goeie selfbeeld met hierdie wenke.  (Met erkenning aan die Tydskrif Baba Lees meer

Persoonlikhede in jou klas

Watter persoonlikhede word in jou klas verteenwoordig? ‘n Nuwe kwartaal bied geleentheid vir nuwe idees en nuwe denke.  Om vas te stel watter persoonlikhede in jou klas teenwoordig is en begrip daarvoor te hê, maak die lewe vir jou en die kinders sommer baie makliker.  Neem ook jou eie persoonlikheid in ag, want dit het ‘n invloed op hoe jy teenoor die persoonlikhede in jou klas optree. Volgens die Lees meer

Hoekom is fantasiespel belangrik?

Ons leef in ‘n wêreld waar kompetisie en prestasie hoogty vier.  Ons jong kinders word meegesleur deur ‘n golf van welmenende volwassenes, wat hul van die een gestruktureerde aktiwiteit na die ander karwei.  In die proses word kinders se natuurlike geneigdheid om fantasie- of verbeeldingspeletjies te speel, ingekort. Die waarde van verbeelding- of fantasiespel word erg onderskat.  Vrye spel, waar kinders hul verbeelding vrye teuels kan gee, is van Lees meer

Die VKO fokus op Breinontwikkeling!

Is breinontwikkling belangrik? In Rima Shore se boek, Rethinking the brain, word Dr. H Chugani dikwels aangehaal.  Hy was ‘n neuroloog en in die 1980’s die hoof van die PET-skanderingsentrum aan die Universiteit van Kalifornië.  Hy het die PET-skandering hoofsaaklik by epileptiese pasiënte gebruik om te bepaal presies waar in die brein epileptiese aanvalle plaasvind.  Hy het egter ook hierdie skandering gebruik om die gebruik van glukose in die Lees meer

Die invloed van te veel skermtyd op kinders.

Tegnologie is deel van ons daaglikse lewe.  Ons laat kinders toe om televisie te kyk en rekenaars en selfone te gebruik om hulle besig te hou, dikwels met goeie redes. Redes wat selfs van opvoedkundige aard kan wees;  soos die programme wat leersaam is.  Ons moet egter deurentyd bewus bly van die negatiewe effek wat te veel tyd voor elektroniese apparaat op kinders kan hê.  Om televisie te kyk Lees meer

Die waarde van dissipline, in die tyd van inperking, asook daarna.

Dissipline voeg waarde toe tot ‘n mens se lewe, van die kinderjare af, tot wanneer jy oud is. Die einddoel van ouerlike dissipline is om kinders tot selfdissipline te lei. Selfdissipline beteken om beheer oor jou eie gedrag te neem, oor jou gedagtes en emosies, tot voordeel van jouself en almal om jou. Dissipline lê die grondslag hiervoor, omdat dit kinders help om te verstaan dat gedrag gevolge het, Lees meer

Hello world!

Welcome to WordPress. This is your first post. Edit or delete it, then start writing!

What do successful grads think you should study?

Learn to think smart. Etiam consectetur odio erat, quis mattis leo vestibulum non. Fusce ex ligula, tristique quis finibus sed, placerat sed libero. Phasellus convallis, sem ac tristique interdum, purus purus vehicula quam, ut fermentum sem orci in est. Aliquam leo purus, iaculis non condimentum hendrerit, vestibulum quis tortor. Vestibulum quis viverra felis. Vestibulum elementum magna ut diam placerat, in venenatis est egestas. Vivamus at libero auctor, ullamcorper Lees meer

Former student discusses success in the fashion industry

My success is no accident. Etiam consectetur odio erat, quis mattis leo vestibulum non. Fusce ex ligula, tristique quis finibus sed, placerat sed libero. Phasellus convallis, sem ac tristique interdum, purus purus vehicula quam, ut fermentum sem orci in est. Aliquam leo purus, iaculis non condimentum hendrerit, vestibulum quis tortor. Vestibulum quis viverra felis. Vestibulum elementum magna ut diam placerat, in venenatis est egestas. Vivamus at libero auctor, ullamcorper Lees meer

How do you best prepare for university?

Focus on exam results. Etiam consectetur odio erat, quis mattis leo vestibulum non. Fusce ex ligula, tristique quis finibus sed, placerat sed libero. Phasellus convallis, sem ac tristique interdum, purus purus vehicula quam, ut fermentum sem orci in est. Aliquam leo purus, iaculis non condimentum hendrerit, vestibulum quis tortor. Vestibulum quis viverra felis. Vestibulum elementum magna ut diam placerat, in venenatis est egestas. Vivamus at libero auctor, ullamcorper libero Lees meer

Fisiese adres:

Die Groenhuis

Phone: +27 82 701 1570

Web: Aonetwerk

Go to Top