STORIES

STORIES2021-04-28T12:31:11+00:00

40 maniere waarop skrywers skop skep

40 maniere waarop skrywers skop skep – retoriese middele Ek kry dikwels navrae oor retoriese middele (op die trant van: “Tannie, wat noem ʼn mens dit as skrywers verkeerde goed met mekaar vergelyk?” en wat ek dan moet vertaal na “‘n uitspraak wat aanvanklik lyk of dit ‘n teenstrydigheid bevat, maar by nader beskouing tog versoenbaar is”), wat my gewoonlik in ʼn koue sweet laat uitslaan. Sien, ek is ʼn taalkundige van opleiding en ʼn taalpraktisyn van nering. Letterkunde Lees meer

Afskeidsode aan die aanvoegende wyse

Afskeidsode aan die aanvoegende wyse Ek het sedert die begin van die jaar ‘n hele paar navrae oor die sogenaamde “aanvoegende wyse” gehad. Ek vermoed die ding het iewers in ‘n vraestel sy verskyning gemaak, want ek kom agter daar is so ‘n ligte aggressie in die formulering van die vrae wat na my kant toe geslinger word. Nie dat ek die vraagstellers vir hulle aggressie verkwalik nie. Kom ek stel dit so: Ek het in 1982 gematrikuleer, en Lees meer

Begryp lettergrepe

Begryp lettergrepe Een van die groot kopkrappers vir onderwysers, leerders en dié se gefrustreerde ouers, is lettergreepverdeling. Dit het ʼn doolhof, ʼn martelinstrument en ʼn uitvangparade geword waarmee jong sprekers geterroriseer word, sonder dat enigeen werklik weet waarom hulle moet weet hoe om woorde in lettergrepe te verdeel. Kom ons begin net eers by die begin: Wat is ʼn lettergreep, en hoe verskil dit van ʼn sillabe (ook genoem “klankgreep”)? Daar is baie ooreenkomste tussen ʼn lettergreep en ʼn Lees meer

Die aangrypende adjektief

Die aangrypende adjektief Die adjektief is vir ʼn skrywer een van die nuttigste woorde in sy of haar arsenaal. Dit gee kleur, dit gee diepte, en in die hande van ʼn taalvaardige skrywer, is die noukeurige aanwending van adjektiewe in ʼn teks die manier om van ʼn goeie storie ʼn blitsverkoper te maak. Maar om die krag van hierdie oënskynlike maklike woord behoorlik in te span, moet ʼn mens verstaan hoe dit werk, en boweal hoe om dit in Lees meer

Die begin of die einde – waarheen met die werkwoord?

Die begin of die einde – waarheen met die werkwoord? Het jy al hierdie reël vir ʼn kind geleer: As jy meer as een werkwoord in die sin het, skuif die werkwoord na die sinseinde? Indien wel, moet jy nou eers jou rooi pen neersit en hierdie blog lees. Die reël soos dit hier bo staan, is een van daardie skoolreëls waarmee kinders “vinnig en maklik” deur ʼn eksamen gedrukgang word. Dit werk natuurlik vir die eksamen, maar dit werk ongelukkig Lees meer

Die bykomende bywoord

Die bykomende bywoord In ʼn vorige blog, Die aangrypende adjektief, het ek oor adjektiewe (ook: byvoeglike naamwoorde) geskryf. Hierdie blog handel oor die adjektief se flambojante neef, die bywoord, wat dikwels as nagedagte by die partytjie opdaag, maar dan die hele geaardheid van die byeenkoms kan verander. Voor ek wegspring, let net daarop dat die bywoord volledig beskryf word in die Afrikaanse Skoolgrammatika (ASG) wat gratis via ons webblad (www.viva-afrikaans.org) toeganklik is. ʼn Oorsig oor al die woordsoorte is in Taalonderrigportaal beskikbaar, en Lees meer

Die gesegde: ʼn kattekoor

Die gesegde: ʼn kattekoor Almelewe het ek (A-kandidaat in matriek, Afrikaansonderwyser, en nou met ʼn PhD in Afrikaanse Taalkunde agter my naam) die kat aan die stert beetgehad. Ek wil die taalonderwyser wat hierdie sintaktiese gekattemaai geskep het, katswink slaan. Die onderwysstelsel van die afgelope paar dekades het die kat aan die bo-lip beetgehad en ons as sprekers en onderwysers is deur ʼn spul onkundiges wysgemaak dat ʼn kat eiers lê. Voor ek my ouers hulle dit laat berou Lees meer

Die haker, die hakker en die Gordiaanse knoop

Die haker, die hakker en die Gordiaanse knoop Een van die groot spelverwarrings in Afrikaans tree in by die woorde hak en haak. Dit gaan hier oor meer as net die verkeerde gebruik van twee verskillende woorde, dit gaan ook hier oor verwarring van homonieme, want hak en haak kan albei ʼn selfstandige naamwoord of ʼn werkwoord wees. En as jy nou nog by hierdie reeds onheilige brousel die verkleiningsvorm ook ingooi (het ek nou hierdie deel van die teks tussen hakkies of tussen hakies geplaas?) en die afleiding waarmee Lees meer

Die pynlike passief

Die pynlike passief As daar nou ʼn manier is om ʼn skoolkind maagpyn te gee, ʼn onderwyser lus te maak vir drank en ʼn subredakteur na ʼn rooi pen te laat gryp, is dit as ʼn mens die aktief-passief-kwessie ophaal. (Ja, “aktief en passief” is korrek vir “bedrywende en lydende vorm”. In Nederlands is dit die “actief en passief” en in Duits die “Activ und Passiv”. Ander Germaanse tale gebruik dus deurlopend ook die Romaanse name vir die taalbousels.) Lees meer

Die pynlike passief

Die pynlike passief As daar nou ʼn manier is om ʼn skoolkind maagpyn te gee, ʼn onderwyser lus te maak vir drank en ʼn subredakteur na ʼn rooi pen te laat gryp, is dit as ʼn mens die aktief-passief-kwessie ophaal. (Ja, “aktief en passief” is korrek vir “bedrywende en lydende vorm”. In Nederlands is dit die “actief en passief” en in Duits die “Activ und Passiv”. Ander Germaanse tale gebruik dus deurlopend ook die Romaanse name vir die taalbousels.) Lees meer

Die tentoonstelling, die skape en die predikantsvrou

Die tentoonstelling, die skape en die predikantsvrou – samestellende afleidings Gebruiker Mari Brink stuur in die week ʼn noodroep: Bespreek asseblief die begrip “samestellende afleiding”. Dit gee ʼn groot gestry af! Laat ons nou eenmaal hierdie tameletjie (wat nooit een was nie) kou en klaar kou. Mari is reg oor ʼn klomp goed – dit is ʼn tameletjie, dit is ʼn voortslepende bron van taalkundige onmin, en dit moes nooit onmin veroorsaak het nie, want die begrip word behoorlik, Lees meer

Fisiese adres:

Die Groenhuis

Phone: +27 82 701 1570

Web: Aonetwerk

Go to Top