UIT WILNA SE PEN

UIT WILNA SE PEN2021-04-28T12:11:21+00:00

Uit Wilna se pen a Blog

Die doel van alle opvoeding is kennis – nie in eerste instansie van feite nie, maar van waardes.

William R Inge

Om jongmense se breine te ontwikkel maar nie daarmee saam hulle sin vir waardes en deug nie, is om hulle op te voed om intelligente probleme vir die samelewing te word

Theodore Roosevelt

ADJUNKKONSTABEL ABEL

ADJUNKKONSTABEL ABEL (die adjunk) Moordverhaal in drie bedrywe BEDRYF 1 Toe adjunkkonstabel Abel by die moordtoneel opdaag, lê die slagoffer steeds kop onderstebo, uitgestrek in ʼn plas bloed. Hy hurk en druk sy voorvinger in die rooi wat deur sy Nikes sypel. Dit is klewerig en warm ... Forensies sal moet gou maak – die hittegolf bespoedig die ontbindingsproses. Hy vra rond en skryf opsommend in sy notaboek: Tyd: Die slagoffer is omstreeks half twee vanoggend oorval en in die bors gesteek. Sy het Lees meer

BOELIES

BOELIE NEEM BAIE VORMS AAN: (Ouer kinders) Dit is ook dikwels subtiel in nie-verbale gedrag: Hul rol hul oë of skud hul kop vir ander se opmerkings en snork, lag of glimlag meerderwaardig. Hul skaad ander se reputasie deur skinderstories te versprei en ander se foute en persoonlike probleme aan die groot klok te hang. Ander se opmerkings word gespot en belaglik voorgestel, of as nonsens afgemaak. Hulle lok ander uit om foute te maak. Dit kan ook beledigende aanvalle op ander se karakter Lees meer

Die belangrikheid van taalontwikkeling

Die belangrikheid van taalontwikkeling Taalontwikkeling is glad nie ’n natuurlike proses nie—dis iets wat aktief geleer moet word.  Dis egter belangrik om ’n omgewing te skep waar taal op ’n natuurlike manier, sonder druk, aangeleer word.  Moenie baie vrae vra soos “wat is dit?’ nie, vertel jou kind eerder wat iets is, gee ’n voorbeeld en laat hulle dit spontaan herhaal. Lees soveel moontlik stories.  As ’n kind na stories luister, word nie net taalvaardighede ontwikkel nie, maar kreatiewe denke word ge-stimuleer, aandagspan word Lees meer

Die belangrikheid van taalontwikkeling

Ode aan ‘n ma “Al sou ek die mooiste huis hê en die smaaklikste etes voorberei, maar ek doen dit nie met liefde nie, dan is ek so waardeloos soos ‘n leë kastrol of ‘n stukkende eierklitser: Al is ek die besigste ma op die skoolraad en koop vir my kinders die duurste sporttoerusting, maar ek het nie tyd om hulle langs die sportveld aan te moedig nie, sal ek niks daardeur baat nie. Al koop ek ‘n kamer vol opvoedkundige speelgoed en betaal Lees meer

Die invloed van te veel skermtyd op kinders.

Tegnologie is deel van ons daaglikse lewe.  Ons laat kinders toe om televisie te kyk en rekenaars en selfone te gebruik om hulle besig te hou, dikwels met goeie redes. Redes wat selfs van opvoedkundige aard kan wees;  soos die programme wat leersaam is.  Ons moet egter deurentyd bewus bly van die negatiewe effek wat te veel tyd voor elektroniese apparaat op kinders kan hê.  Om televisie te kyk voor die ouderdom van twee jaar, kan ‘n blywende negatiewe invloed op kinders se taalontwikkeling, Lees meer

Die resep vir spraak 1

Die resep vir spraak 1: (en latere skryf en lees) Normale gehoor: Mens moet goed kan hoor, om goed te praat! Babas en peuters hoor hulself en ander en verfyn die motoriese plan vir spraak wat hulle uit hul langtermyngeheue oproep om mee te werk. Interaksie met ouers en ander belangrike mense. Jou kind se binding en verhouding met jou is baie belangrik vir sy spraakontwikkeling. Die feit dat jy elke keer reageer, is hoe hy leer praat. As hy geluidjies maak, rek jy Lees meer

DIE ROL MUSIEK IN BREINONTWIKKELING

Die rol van musiek in breinontwikkeling Musiek het ‘n kragtige effek op ons emosies. ‘n Stil, rustige wiegeliedjie kan ‘n omgekrapte baba kalmeer, ‘n majestueuse koor kan ons oprui en tot groot hoogtes voer. Musiek het egter ook ‘n invloed op hoe ons dink. In die onlangse jare is daar baie navorsing gedoen en geleer oor hoe die brein ontwikkel. Babas word met miljarde breinselle gebore, wat neurone genoem word. Gedurende die eerste lewensjare vorm die neurone verbindings met ander neurone. Soos die tyd Lees meer

Die VKO fokus op Breinontwikkeling!

Is breinontwikkling belangrik? In Rima Shore se boek, Rethinking the brain, word Dr. H Chugani dikwels aangehaal.  Hy was ‘n neuroloog en in die 1980’s die hoof van die PET-skanderingsentrum aan die Universiteit van Kalifornië.  Hy het die PET-skandering hoofsaaklik by epileptiese pasiënte gebruik om te bepaal presies waar in die brein epileptiese aanvalle plaasvind.  Hy het egter ook hierdie skandering gebruik om die gebruik van glukose in die brein vas te stel.  Glukose is die vorm van energie-gewende voedsel wat deur die liggaam Lees meer

Die waarde van dissipline, in die tyd van inperking, asook daarna.

Dissipline voeg waarde toe tot ‘n mens se lewe, van die kinderjare af, tot wanneer jy oud is. Die einddoel van ouerlike dissipline is om kinders tot selfdissipline te lei. Selfdissipline beteken om beheer oor jou eie gedrag te neem, oor jou gedagtes en emosies, tot voordeel van jouself en almal om jou. Dissipline lê die grondslag hiervoor, omdat dit kinders help om te verstaan dat gedrag gevolge het, dat besluite oor hoe jy gaan optree, positiewe persoonlikheidseienskappe tot gevolg het. As jy moeg Lees meer

Goeie Selfbeeld

Wenke om ‘n goeie selfbeeld te kweek Maak seker dat die kinders in jou klas hul met selfvertroue uitleef. Dit is ook belangrik vir elke onderwyser om deurlopend aan sy of haar eie selfbeeld te werk.  Werk nou saam met die ouers van die kinders in jou klas, om die beste vir elke kind te bewerkstellig. Kweek 'n goeie selfbeeld met hierdie wenke.  (Met erkenning aan die Tydskrif Baba en Kleuter, 2018) Die ses stappe hieronder lê die grondslag vir ’n huishouding of klaskamer Lees meer

Fisiese adres:

Die Groenhuis

Phone: +27 82 701 1570

Web: Aonetwerk

Go to Top